Afrikaans
Ons Geskiedenis
In die vroe 1880-jare het Lazerus Pinn, ‘n immigrant van uit Lithuania, homself in .jpg)

Kaapstad kom vestig. Hy het met ’n horlosie- en barometer-handelshuis uit sy kamer by die losieshuis waar hy gebly het begin handel.
.jpg)

Kaapstad kom vestig. Hy het met ’n horlosie- en barometer-handelshuis uit sy kamer by die losieshuis waar hy gebly het begin handel.

In 1893 het hy sy eerste winkel, L. Pinn & Co, geopen by Adderleystraat 45. Dit was die begin van ’n invloedryke onderneming wat vandag nog bestaan – 117 jaar later!
Sy seun, Barney, het die besigheid voortgebou gevolg deur sy seun, Ronald. Ronald se seun, Jeremy, het hom opgevolg en is nou steeds betrokke in die besigheid.

Tony de Klerk het by Jeremy aangesluit as vennoot en, na meer as 30 jaar saam, het hulle besluit om die besigheid uit te brei om tred te hou by veranderinge in die behoeftes en verwagtinge van hul kliente.Hulle het toe in April 2010 die uitdagende wereld van diamant- en juweliersware-verkope oor die internet.
Die span is gekies, die konsep word intwikkel – en die spreekwordelike “deure” is oopgemaak. Cape Diamond and Jewellery Exchange word ’n werklikheid – by www.cdje.co.za!

ONS BIED DIE VOLGENDE VOORDELE AAN
Beste pryse vir gesertifiseerde diamante
Gratis kwotasies
Ontwerp dienste – met top ontwerpers
Veilige en versekerde aflewering
Handgemaakte juweliersware
Persoonlike diens
Van die beste gekwalifiseerde goudsmede
Veilige internet-transaksies
Waardasiesertifikaat
Ons soek noukeurig uit en verkry die items wat jy benodig net wanneer dit nodig is. Hierdie benadering verseker dat ons goeie pryse met ons diamantsluip fabriek en ander versaffers kan onderhandel. Die besparings word direk aan jou deurgevoor.
Die uitwerking hiervan is dat ons pryse ten minste 50% goekoper is as kleinhandelspryse – en ons kwaliteit bly gewaarborg.
Ons goudsmede werk op die perseel wat veroorsaak dat ons baie nou saam kan werk om die best handgemaakte juweelstuk aan jou te kan lewer.




